top of page

Nog toerustingsmateriaal

Hier is nog toerustingsmateriaal en boeke wat jy kan gebruik om jouself toe te rus of om in 'n groep te gebruik.​

Alles-in-een-toerustingspakket @ R599.00

 

Al dr Christo Nel se gepubliseerde materiaal, nl, die 2 boeke, WAARHEEN MET DIE NUWE WYN, en DIE STORIE AGTER DIE STORIE, plus die 2 DVD-kursusse naamlik HOE HOOR EK DIE HERE SE STEM en JESUS, DIE DOPER MET DIE GEES,plus 'n volledige handleiding hoe om hierdie materiaal in groepe aan te bied vir leiers, is teen 'n SPESIALE PRYS vir R599.00 (posgeld vir SA is ingesluit) beskikbaar.

Jy kan dt direk van dr Christo Nel bestel via 0827702397 of nchristo@lantic.net

Lukas 10-program vir 10 weke

 

'n Toerustingspakket met al die toerustingsmateriaal en aanbiedingsmateriaal is beskikbaar om 'n groep gelowiges oor 'n tydperk van 10 weke te begelei en toe te rus om self, aan die einde van die periode, ander nuwe gelowiges te dissipel en toe te rus met dieselfde materiaal. In hierdie materiaal hanteer dr Christo die basiese Bybelse waarhede wat nodig is om nuwe gelowiges behoorlik te fundeer in wat die Bybel ons leer, en hoe om werklikk Bybelse Ekklesia en volgeling van Jesus te wees in die praktyk van elke dag.

Jy kan hierdie volledige program direk by dr Christo Nel self aanvra. Daar is geen vaste prys vir hierdie materiaal nie, en dit is elke gelowige se voorreg om self aan Jesus se voete te gaan hoor hoe jy Gal. 6:6 kan gehoorsaam.

Toerustingsprogram vir geestelike leiers

 

Omdat dit vir my 'n lewensroeping is om geskikte effektiewe toerustingsmateriaal te skep en bymekaar te maak om 'n nuwe geslag leiers toe te rus met die oog op dit waarmee God besig is, is dit my voorreg om hierdie materiaal beskikbaar te stel aan leiers.

As jy weet dat God jou wil gebruik om 'n verskil te maak as geestelike leier, sy dit op die markplein of in een of ander bediening, kontak my gerus om 'n lys aan te vra van toerustingsmateriaal wat beskikbaar is.

Deel van hierdie toerustingsmateriaal is die materiaal wat al vir jare gebruik word in Europa en Asië om geestelike leiers mee toe te rus en op te lei vir bediening, as deel van die Ekklesia, sy dit op die markplein of in ekklesia-bediening.

Jy kan hom kontak via 082 7702397 of nchristo@lantic.net

bottom of page