top of page

almal is in bediening

 

Elke gelowige volgeling van Jesus is in bediening. Daarom het Jesus Sy Gees gegee om in elkeen van ons te woon om ons te lei met Sy stem. Maar is Sy hart om ook Sy Gees "op ons" te gee om elkeen van ons te salf en toe te rus met die gawes van die Gees.

Daarom is dit so belangrik dat Sy mense toegerus moet word vir hulle bediening.

bediening

 

In Ef. 4:11 tot 16 staan die volgende: En dít is die "gawes" wat Hy "gegee het": apostels, profete, evangeliste, en herders en leraars.
 

Sy doel daarmee was om die gelowiges toe te rus vir hulle diens en vir die opbou van die liggaam van Christus.
 

So sal ons uiteindelik almal kom tot die werklike eenheid in ons geloof en in ons kennis van die Seun van God. Dan sal ons, sy kerk, soos ‘n volgroeide mens wees, so volmaak en volwasse soos Christus.


Dan sal ons nie meer kinders wees nie; ons sal nie meer soos golwe op en af en heen en weer geslinger word deur elke wind van dwaalleer as vals leraars ons met hulle slinksheid en listigheid op dwaalweë wil wegvoer nie. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe. Hy is immers die hoof, en uit Hom groei die hele liggaam. Die verskillende liggaamsdele pas by mekaar en vorm saam ‘n eenheid. Elkeen van hulle vervul sy funksie, en so bou die liggaam homself op in liefde.

 

vyfvoudige bediening, ouderlinge en ander bedieninge 

Soos wat Jesus Christus deur Sy Gees 'n pad stap met Sy mense is dit Sy hart om hulle as "Sy getuies" te gebruik. Hyself, as die Doper met die Gees rus hulle volgens Sy wil toe met die verskillende gawes van die Gees in verskillende mates, om hulle dan volgens Sy groter plan te gebuik in Sy Liggaam en in die res van die wêreld.

volwassenes en kinders het 'n plek

 

As 'n mens leer hoe belangrik kinders in God se oë is (kyk maar Mat. 18:1-14 byvoorbeeld) verstaan jy dat Jesus Christus elkeen van ons wil gebruik as ons maar net sensitief is vir Sy stem en Hom toe laat om ons te gebruik.  

gemeenskapsdiens

 

Jesus het vir die hele wêreld gesterf aan die kruis omdat Hy hulle so liefhet en nie wil hê dat een van hulle verlore sal gaan nie. Daarom is elkeen van ons geroep om Sy getuies te wees deur die krag van die Gees daar waar Hy ons 'n platform gegee en waarheen Hy ons geroep het. Daar moet ons lewe as Sy ambassadeurs en ligdraers. Sodat die wêreld kan weet ...

gawes van die Gees

 

Daar is verskeie gedeeltes in die Bybel waar God se Gees ons meer oor die bediening van die gawes van die Gees leer. Lees maar net dit wat daar in 1 Kor. 12:7 tot 12 staan: Aan elkeen afsonderlik word ‘n werking van die Gees gegee tot voordeel van almal.
 

Aan die een word deur die Gees die gawe gegee om ‘n woord van wysheid te praat, aan ‘n ander ‘n woord van kennis deur dieselfde Gees; aan die een geloof deur dieselfde Gees, aan ‘n ander genadegawes van gesondmaking deur die één Gees.
 

Aan die een gee Hy die krag om wonders te doen, aan ‘n ander die gawe om te profeteer, en aan nog ‘n ander die gawe om tussen die geeste te onderskei. Aan nog een gee Hy die gawe om ongewone tale of klanke te gebruik en aan ‘n ander om dit uit te lê.
 

Maar al hierdie dinge is die werk van een en dieselfde Gees, wat aan elkeen afsonderlik ‘n gawe uitdeel soos Hy wil.
 

Net soos die liggaam ‘n eenheid is en baie lede het, en soos al die lede saam, al is hulle baie, een liggaam vorm, so is dit ook met die liggaam van Christus.
 

bottom of page