top of page

OOR EKKLESIA

 

​Oral oor die wêreld is die Here Jesus besig om God se mense se prentjie van die Kerk en kerk-wees te verander. Natuurlik kry ons nog miljoene gelowiges wat nog afsonderlik in die sowat 40 000 verskillende "kerke" byeenkom, asof hullle nie werklik familie van mekaar is nie.

Maar dit is besig om te verander. Baie volgelinge van Jesus word al hoe meer oortuig dat al de volgelinge van Jesus eintlik net aan een Kerk behoort, naamlik die Kerk van Jesus, of soos ek dit eerder wil noem met die Griekse term vir Kerk, Ekklesia van Jesus. Jesus self het gesê Sy Liggaam is Een!  En dit is wat ons ook glo.

Hierdie Een Ekkesia kom oral op aarde op verskillende plekke op verskillende maniere byeen. Om daar plaaslik vir mekaar werklik 'n liefdevolle familie te wees, wat vir mekaar liefhet, versorg, bedien, bemoedig en vermaan, maar wat dat ook handevat en saam die res van die gemeenskap om ons in Jesus se Naam met die Evangelie, die gawes van die Gees en die liefde van Jesus te bedien soos Jesus ons lei deur Sy stem.

George Barna praat in sy boek, Revolution, oor hierdie paradigma-verskuiwing wat aan die plaasvind is as werklik 'n rewolusie. Dit veroorsaak tans ook wêreldwyd 'n reuse "uitbeweeg" uit gevestigde kerke en denominasies, na ekklesia wat oral byeenkom, as deel van die een wêreldwye Ekklesia van Jesus.

 

MY STORIE

 

My naam is Christo Nel, en ek is een van die baie volgelinge van Jesus wat hierdie paradigmaverskuiwing ondergaan het waarvan George Barna praat.

God het deur die werking van Sy Gees my hele prentjie van die kerk of ekklesia verander, asook my verstaan van my rol en bediening in hierdie Ekklesia van Jesus.

Vir meer as 14 jaar was ek dominee in die NG Kerk waar ek met groot vreugde Jesus gedien en gevolg het. Maar in 1993 het die Here my uitgedaag om Hom te volg "uit die NG Kerk-sisteem uit" en toe te laat dat Hy my kon gebruik waar en soos Hy wil.

Dit het prakties beteken dat ek moes bedank as NG-dominee en nooit weer 'n vaste salaris/traktement sou ontvang nie. God sou my self versorg deur donasies van Sy kinders waar Hy ons gebruik om hulle te bedien.

So is dit dan nou reeds vir meer as 19 jaar wat die Here ons in alle dele van Sy Liggaam gebruik om Sy mense toe te rus vir bediening.

bottom of page