top of page

ONS STORIE

 

En niemand gooi nuwe wyn in ou velsakke nie. As hy dit sou doen, sal die nuwe wyn die velsakke laat oopbars Dan is die wyn vermors en die sakke daarmee heen. Nee, nuwe wyn moet in nuwe wynsakke gegooi word. (Luk 5:38,39)

Dit is die vers wat die Here gebruik het om vir Christo en Hetta Nel te sê dat Hy hulle op 'n nuwe manier onder veral Afrikaanssprekende mense wil gebruik.

Voorheen was dit as pastorie-egpaar in hoofsaaklik die NG-Kerk, maar nou wou die Here hulle onder Sy mense wat Afikaans gepraat het in Sy hele Liggaam gebruik. Hulle sou nog baie in NG-gemeentes daarna bedien, maar ook in baie ander dele van die Liggaam voortaan bedien.

Sedert 1992 was die Here besig om "nuwe wyn-waarhede" aan Christo en Hetta self te bedien. Dt sou daartoe lei dat hulle, saam met hulle dogters gedoop sou word as gelowiges terwyl hulle nog in die NG Kerk in bediening was. Maar God wou nie dat hulle op hierdie stadium met die NG Kerk 'n geskil rondom die doop hê nie. Daarom beveel die Here Christo om dadelik te bedank as pedikant in die NG Kerk.

Hy wys ook vir hulle 'n groep volgelinge van Jesus wat nie meer tuis was in die tradisionele NG-gemeentes in Potchefstroom, waar hulle in bediening was. Hy beveel hulle om hierdie groep gelowiges te begin bedien in 'n vernuwingsgemeente.

So word 'n vernuwingsgemeente in Potchefstroom op 31 Okt 1993 geplant in die Elgro Hotel, wat later die Elgro gemeente sou word. Vandag staan dit bekend as die Duet-gemeente, wat die grootste gemeente tans in Potchefstroom geword het.

Die Here het intussen Christo en Hetta in 1997 na Hermanus toe gestuur en toe in 2004 na Somerset-Wes waar Hy vir hulle weer 'n huis van hulle eie gegee het.

Voortaan sou hulle op ongeveer 34 dorpe en stede in die Wees-Kaap, 5 dorpe in die Suid-Kaap en ook verder in die res van Suid-Afrika gelowiges begin toe rus vir bediening.

Vir sowat 13 jaar gebruik die Here Christo om via 'n internetbediening en 'n weeklikse nuusbriefie met Woord sowat 4000 Afrikaanssprekendes oor die wêreld te bedien.

As jy hierdie briefie elke week wil ontvang, kontak gerus vir Christo via sy eposadres by nchristo@lantic.net

Vir verdere inligting, gaan kyk gerus op hulle webblad by www.nuwewyn.co.za

 

bottom of page